PSALMS 143:4-10

PSALMS 143:4-10 AFR53

En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste. Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande. Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela. Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie. Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek. Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.

Video for PSALMS 143:4-10

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 143:4-10