PSALMS 119:1-6

PSALMS 119:1-6 AFR53

WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou. Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou! Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.