PSALMS 119:1-6

PSALMS 119:1-6 NLV

Geseënd is hulle wat opreg lewe, wat leef volgens die gebooie van die HERE. Geseënd is hulle wat sy waarskuwings gehoorsaam, Hom met volle oorgawe dien, nie onreg pleeg nie en op sy paaie wandel. U het ons opdrag gegee om u bevele noukeurig te onderhou. Mag my optrede voortdurend weerspieël dat ek u voorskrifte wil nakom. Dan sal ek nie tot skande kom as ek maar net my oë op al u gebooie hou nie.