EK het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel. Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer. Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp. My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen. Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling. Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes. Ek het geglo toe ek gespreek het: Ék is diep neergebuig.
Lees PSALMS 116
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 116:1-10
7 Days
Are you struggling with heartache, doubt, or doubting God's goodness through a life storm? Are you experiencing apathy or distraction in your spiritual walk? This 7-Day reading plan will help to reveal any doubt you may hold in your heart and will help you to use doubt as a signal to grow closer to God's heart.
16 Days
There are five essentials you have to have in life in order to really live. Join Pastor Rick for this series as he digs deep into why you need power to live on, people to live with, principles to live by, a plan to live out, and a purpose to live for.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's