'N LIED. 'n Psalm van Dawid. My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer. Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak. Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies; want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke. Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde! Dat u bemindes gered kan word — verlos deur u regterhand en verhoor ons! God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek. Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom? Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.
Lees PSALMS 108
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 108:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's