Psalms 108:1-13

Psalms 108:1-13 AFR20

'n Lied. 'n Psalm. Van Dawid. My hart is standvastig, o God. Ek wil sing, ek wil lofsing, ja, van harte. Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak. Ek wil U dank onder die volke, HERE, ek wil U besing onder die nasies; want groot, ja, hoër as die hemel, is u troue liefde; tot by die wolke is u waarheid. Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde, sodat u geliefdes gered kan word. Verlos tog met u regterhand en antwoord my. God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet. Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf. Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor Filistea juig Ek.” Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom? Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie. Kom ons te hulp teen teenstanders – die hulp van mense is nutteloos.