Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel; deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup. My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg, dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals; dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik. Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het. Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie. Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie. Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes. Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade. Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
Lees SPREUKE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 3:13-35
8 Days
In a busy world, we have to make space for the things that matter most. We have to learn to apply godly wisdom that will help you incorporate these activities into your busy life. In some cases, you will find that you are doing the wrong things. Or you might find that you are doing the right things for the wrong reason or in the wrong way, so they are not life-giving or fulfilling.
8 dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
8 Dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? Oor die volgende ag dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's