NÚMERI 17:1-8

NÚMERI 17:1-8 AFR53

DAARNA het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawwe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof. En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom. En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My. Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawwe. Aäron se staf was ook onder hulle stawwe. En Moses het die stawwe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit. En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!