En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper — en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die HERE gevoeg. Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken. In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit. En die HERE was met Josua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan.
Lees JOSUA 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOSUA 6:24-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's