JOB 3:1-11

JOB 3:1-11 AFR53

DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek. En Job het begin en gesê: Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang. Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie. Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik. Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie. Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie. Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits. Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie. Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie. Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOB 3:1-11