EN die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jý moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek. En Ék sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig. Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei. Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei. Moses en Aäron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.
Lees EXODUS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: EXODUS 7:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's