EXODUS 2:1-4

EXODUS 2:1-4 AFR53

EN 'n man uit die huis van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem. En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek. Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 'n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit. En sy suster het op 'n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.

Video vir EXODUS 2:1-4

Gratis leesplanne en oordenkings oor EXODUS 2:1-4