DEUTERONÓMIUM 14:22-23

DEUTERONÓMIUM 14:22-23 AFR53

JY moet noukeurig die hele opbrings van jou saad — wat jaar vir jaar uit die land uitspruit — vertien. En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees.