Deuteronomium 14:22-23

Deuteronomium 14:22-23 AFR20

“ Jy moet jaar ná jaar presies een tiende van die volle opbrengs saad wat jou saailande oplewer, eenkant hou. Jy moet 'n tiende van jou koring, •nuwe wyn en olie, sowel as die eersgeborenes van jou beeste en kleinvee, in die teenwoordigheid van die HERE jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te vestig, sodat jy kan leer om altyd ontsag te hê vir die HERE jou God.