DEUTERONOMIUM 14:22-23

DEUTERONOMIUM 14:22-23 NLV

“Jy moet ’n tiende van jou oes eenkant sit, een tiende van alles wat jy elke jaar oes. Bring die tiende na die plek wat die HERE jou God kies om sy Naam te eer en eet dit daar in sy teenwoordigheid. Hierdie reëling geld vir die tiendes van jou graan, wyn, olyfolie en die manlike eersgeborenes uit jou grootvee en kleinvee. Die doel van die tiendes is om jou te leer om altyd die HERE jou God te eer.