I THESSALONICENSE 5:11-14

I THESSALONICENSE 5:11-14 AFR53

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen. MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.