En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead. En die koning van Israel het vir Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek ú maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan. En die koning van Aram het aan die owerstes van sy twee-en-dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen. En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel! En hulle het weggeswaai om teen hom te veg; maar Jósafat het geskreeu. En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg. Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond. En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei. En teen sonsondergang gaan 'n geskreeu deur die leër: Elkeen na sy stad en elkeen na sy land toe! En die koning het dood in Samaría aangekom, en die koning is in Samaría begrawe.
Lees I KONINGS 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: I KONINGS 22:29-37
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's