Psalms 126:1-6

Psalms 126:1-6 CAB23

Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. Toe is ons mond vol gelag en ons tong met gesang; toe sê hulle onder die nasies: Die HERE het groot dinge aan hulle gedoen. Die HERE het groot dinge aan ons gedoen; waaroor ons bly is. Maak weer ons lot, o HERE, soos die strome in die suide. Die wat met trane saai, sal met blydskap maai. Hy wat uitgaan en ween en kosbare saad dra, sal ongetwyfeld met blydskap terugkom en sy gerwe saambring.