Psalms 103:6-13

Psalms 103:6-13 CAB23

Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk is. Hy het sy weë aan Moses bekend gemaak, sy dade aan die kinders van Israel. Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Hy sal nie altyd twis nie, en Hy sal sy toorn nie vir ewig bewaar nie. Hy het nie met ons gehandel na ons sondes nie; en het ons nie vergeld volgens ons ongeregtighede nie. Want soos die hemel hoog bo die aarde is, so groot is sy barmhartigheid teenoor die wat Hom vrees. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 103:6-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid