Psalms 103:6-13

Psalms 103:6-13 AFR20

Die HERE handhaaf geregtigheid, die regte van almal wat verdruk word. Hy het sy weë aan Moses geopenbaar, aan die Israeliete sy dade. Barmhartig en genadig is die HERE, geduldig en oorvloedig in troue liefde; Hy beskuldig nie vir ewig nie, en bly nie vir altyd toornig nie. Hy behandel ons nie ooreenkomstig ons sonde nie en vergeld ons nie ooreenkomstig ons sondeskuld nie; want so hoog as wat die hemel bo die aarde is, so troon sy troue liefde uit bo dié wat vir Hom ontsag het. So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. Soos 'n vader hom ontferm oor kinders, so ontferm die HERE Hom oor dié wat vir Hom ontsag het

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 103:6-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid