PSALMS 103:6-13

PSALMS 103:6-13 NLV

Die HERE laat regverdigheid geskied, en reg aan almal wat verdruk word. Hy het sy optrede aan Moses openbaar en sy dade aan die volk Israel. Die HERE is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde. Hy sal nie voortdurend aankla, of vir altyd kwaad wees nie. Hy straf ons nie soos ons sondes verdien nie, en vergeld ons nie volgens ons oortredings nie. Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die HERE Hom oor hulle wat Hom dien.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 103:6-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid