Markus 7:1-8

Markus 7:1-8 CAB23

Toe het die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, by Hom bymekaargekom. En toe hulle sommige van sy dissipels sien brood eet met onreine, dit wil sê met ongewaste hande, het hulle fout gevind. Want die Fariseërs en al die Jode eet nie, as hulle nie gereeld hul hande was nie, volgens die oorlewering van die ouderlinge. En as hulle van die mark af kom, eet hulle nie as hulle nie was nie. En daar is nog baie ander dinge wat hulle ontvang het om te hou, soos die wassery van bekers en potte, kopergerei en tafels. Toe vra die Fariseërs en skrifgeleerdes vir Hom: Waarom wandel u dissipels nie volgens die oorlewering van die ouderlinge nie, maar eet brood met ongewaste hande? Hy antwoord en sê vir hulle: Goed het Jesaja van julle geveinsdes geprofeteer, soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met hulle lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God tersyde stel, hou julle die oorlewering van mense vas, soos die was van potte en bekers, en baie ander soortgelyke dinge doen julle.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 7:1-8