Markus 7:1-8

Markus 7:1-8 AFR20

Die •Fariseërs en sommige van die skrifkenners wat van Jerusalem af gekom het, het toe by Hom byeengekom. Hulle merk toe dat sommige van sy dissipels brood eet met •onrein, dit is met ongewaste, hande. Die Fariseërs en al die Jode eet immers nie tensy hulle hulle hande deeglik gewas het nie, omdat hulle vasklou aan die tradisie van die voorouers. En wanneer hulle van die markplein af kom, eet hulle nie voordat hulle hulleself gewas het nie. Daar is nog baie ander oorgelewerde gebruike waaraan hulle vasklou: die was van bekers, kruike, koperhouers en eetbanke. Toe vra die Fariseërs en skrifkenners Hom: “Waarom tree u dissipels nie op in ooreenstemming met die tradisie van die voorouers nie, maar eet hulle brood met onrein hande?” En Hy antwoord hulle: “Jesaja het tereg oor julle skynheiliges geprofeteer, soos daar geskryf staan, “ ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af. Tevergeefs vereer hulle My, want hulle onderrig as leerstellings die voorskrifte van mense.’ “Julle versaak die gebod van God en klou vas aan die tradisie van mense.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 7:1-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid