Markus 13:24-36

Markus 13:24-36 CAB23

Maar in daardie dae, ná daardie verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy lig nie gee nie, En die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemel is, sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom op die wolke met groot krag en heerlikheid. En dan sal Hy sy engele uitstuur en sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die uiterste van die aarde af tot aan die einde van die hemel. Leer nou 'n gelykenis van die vyeboom; Wanneer haar tak nog sag is en blare uitspruit, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, ja, voor die deure. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nie verbygaan nie. Maar van daardie dag en daardie uur weet niemand nie, ook nie die engele wat in die hemele is nie, ook nie die Seun nie, maar die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Want die Seun van die mens is soos 'n man wat ver reis, wat sy huis verlaat het en aan sy diensknegte mag gegee het en aan elkeen sy werk, en die poortwagter beveel het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie, in die aand of middernag of met die hanekraai of in die môre. Om nie skielik te kom vind hy jou aan die slaap nie.

Video vir Markus 13:24-36