Markus 11:23-24

Markus 11:23-24 CAB23

Want voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see; en hy sal nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur; hy sal hê wat hy ook al sê. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle begeer wanneer julle bid, glo dat julle dit ontvang, en julle sal dit verkry.