Matteus 5:13-20

Matteus 5:13-20 CAB23

Julle is die sout van die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit gesout word? dit is van nou af vir niks goed nie, behalwe om uitgewerp te word en onder die voete van mense vertrap te word. Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n heuwel lê, kan nie weggesteek word nie. 'n Mens steek ook nie 'n kers op en sit dit onder 'n maatemmer nie, maar op 'n kandelaar; en dit gee lig vir almal wat in die huis is. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie; Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet verbygaan totdat alles vervul is nie. Elkeen dan wat een van hierdie geringste gebooie breek en die mense so leer, hy sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Want Ek sê vir julle, as julle geregtigheid nie die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs oortref nie, julle in geen geval in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

Video for Matteus 5:13-20