Lukas 6:43-49

Lukas 6:43-49 CAB23

Want 'n goeie boom dra nie slegte vrugte nie; en 'n bedorwe boom dra geen goeie vrugte nie. Want elke boom word aan sy eie vrugte geken. Want van dorings pluk mense nie vye nie, en van 'n doringbos pluk hulle nie druiwe nie. 'n Goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en 'n slegte mens bring uit die bose skat van sy hart wat sleg is te voorskyn, want van die oorvloed van die hart spreek sy mond. En waarom noem julle My, Here, Here, en doen nie die dinge wat Ek sê nie? Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen, Ek sal jou wys met wie hy gelyk is. Hy is soos 'n man wat 'n huis gebou en diep gegrawe en die fondament op 'n rots gelê het; en toe die vloed opkom, het die stroom hewig teen daardie huis geslaan en dit nie kon skud nie, want dit was op 'n rots gegrond. Maar hy wat hoor en nie doen nie, is soos 'n man wat sonder fondament 'n huis op die aarde gebou het; waarteen die stroom wel hewig geklop het, en dadelik het dit geval; en die verwoesting van daardie huis was groot.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 6:43-49

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid