In Hom was lewe; en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis; en die duisternis het dit nie begryp nie. Daar was 'n man wat van God gestuur is, wie se naam Johannes was. Hy het gekom as 'n getuienis om van die Lig te getuig, sodat alle mense deur Hom sou glo. Hy was nie daardie Lig nie, maar is gestuur om van daardie Lig te getuig. Dit was die ware Lig wat elke mens verlig wat in die wêreld kom. Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie het Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo. Wat nie uit bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n mens gebore is nie, maar uit God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon (en ons het sy heerlikheid aanskou, die heerlikheid van die Eniggeborene van die Vader) vol genade en waarheid.
Lees Johannes 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 1:4-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's