Genesis 17:1-7

Genesis 17:1-7 CAB23

Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is die Almagtige God; wandel voor my aangesig en wees volmaak. Ek sal my verbond sluit tussen My en jou en jou uitermate vermeerder. En Abram het op sy aangesig geval, en God het met hom gespreek en gesê: Wat my betref, kyk, my verbond is met jou, en jy sal 'n vader van baie nasies word. Jou naam sal ook nie meer Abram genoem word nie, maar jou naam sal Abraham wees; want 'n vader van baie nasies het Ek jou gemaak. Ek sal jou uitermate vrugbaar maak, en Ek sal jou nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 17:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid