Eksodus 16:2-3
Eksodus 16:2-3 CAB23
En die hele vergadering van die kinders van Israel het in die woestyn teen Moses en Aäron gemurmureer. Toe sê die kinders van Israel vir hulle: As ons tog maar deur die hand van die HERE gesterwe het in Egipteland, toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het; want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger dood te maak.



