Eksodus 1:1-7

Eksodus 1:1-7 CAB23

En dit is die name van die kinders van Israel wat in Egipte gekom het; elkeen en sy huisgesin het saam met Jakob gekom. Ruben, Simeon, Levi en Juda, Issaskar, Sebulon en Benjamin, Dan en Naftali, Gad en Aser. En al die siele wat uit die lendene van Jakob uitgekom het, was sewentig siele, want Josef was al in Egipte. En Josef het gesterwe en al sy broers en daardie hele geslag. En die kinders van Israel was vrugbaar en het baie vermeerder en vermeerder en uitermate magtig geword; en die land was vol van hulle.

Video vir Eksodus 1:1-7