2 Kronieke 7:11-16

2 Kronieke 7:11-16 CAB23

So het Salomo die huis van die HERE en die huis van die koning voltooi, en alles wat in die hart van Salomo opgekom het om in die huis van die HERE en in sy huis te maak, het hy voorspoedig gedoen. En die HERE het in die nag aan Salomo verskyn en vir hom gesê: Ek het jou gebed verhoor en hierdie plek vir My as 'n offerhuis uitverkies. As Ek die hemel toesluit dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkane beveel om die land te verslind, of as Ek pes onder my volk stuur; As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë; dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed wat in hierdie plek gedoen word. Want nou het Ek hierdie huis uitverkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Kronieke 7:11-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid