2 Kronieke 7:11-16

2 Kronieke 7:11-16 AFR20

So het Salomo die huis van die HERE en die koninklike paleis voltooi. Alles wat Salomo hom voorgeneem het om in die huis van die HERE, en in sy paleis te doen, het hy suksesvol uitgevoer. Toe verskyn die HERE in die nag aan Salomo en sê vir hom: “Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My gekies as 'n tempel vir offers. As Ek die hemelruim sluit, sodat daar geen reën is nie, of as Ek die koringkrieke opdrag gee om die land kaal te vreet, of as Ek 'n pessiekte onder my volk loslaat, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor. Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees. My oë sal nou oop wees en my ore sal aandagtig luister na die gebede uit hierdie plek. So het Ek dan nou hierdie tempel gekies en geheilig, sodat my Naam vir altyd daar sal wees. My oë en my hart sal altyd daar wees.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Kronieke 7:11-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid