1 Samuel 13:7-9

1 Samuel 13:7-9 CAB23

En van die Hebreërs het oor die Jordaan getrek na die land Gad en Gílead. Wat Saul betref, hy was nog in Gilgal, en die hele volk het hom bewend gevolg. En hy het sewe dae gebly volgens die vasgestelde tyd wat Samuel bepaal het; maar Samuel het nie in Gilgal gekom nie; en die volk is van hom af verstrooi. Toe sê Saul: Bring vir my 'n brandoffer en dankoffers hierheen. En hy het die brandoffer gebring.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Samuel 13:7-9