1 Konings 17:1-7

1 Konings 17:1-7 CAB23

En Elía, die Tisbiet, wat uit die inwoners van Gílead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef voor wie ek staan, in hierdie jare sal daar geen dou of reën wees nie, behalwe volgens my woord. En die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê: Gaan weg hiervandaan en draai jou na die ooste en verberg jou by die spruit Kreit wat voor die Jordaan is. En jy moet uit die spruit drink; en Ek het die kraaie beveel om jou daar te voed. Hy het toe gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE, want hy het gegaan en gaan woon by die spruit Kreit wat voor die Jordaan is. En die kraaie het vir hom brood en vleis in die môre gebring en in die aand brood en vleis; en hy het uit die spruit gedrink. En ná 'n ruk het die spruit opgedroog, omdat daar geen reën in die land was nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Konings 17:1-7