1 Konings 17:1-7

1 Konings 17:1-7 AFR20

Elia, 'n man uit Tisbe, een van die nedersetters in Gilead, het vir Agab gesê: “So waar as die HERE, die God van Israel, in wie se diens ek staan, leef, daar sal in die komende jare geen dou of reën wees nie, behalwe op gesag van my woord.” Die woord van die HERE kom toe daarna tot hom: “Gaan weg hiervandaan; draai oos en gaan kruip weg by die spruit Krit, wat oos van die Jordaan is. Uit die spruit kan jy drink, en vir die kraaie sal Ek opdrag gee om jou daar van kos te voorsien.” Hy het gegaan en gemaak soos die HERE gesê het. Hy het by die spruit Krit gaan bly wat oos van die Jordaan is. Die kraaie het telkens vir hom brood en vleis in die oggend gebring, en brood en vleis teen die aand; en uit die spruit kon hy drink. Maar ná verloop van baie dae het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Konings 17:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid