1 KONINGS 17:1-7

1 KONINGS 17:1-7 NLV

Elia die Tisbiet het hom tydelik in Gilead gevestig. Hy het vir Agab gesê: “So seker as wat die HERE die God van Israel leef, die God wat ek dien, in die volgende aantal jare sal daar geen dou of reën val nie behalwe wanneer ek so sê.” Toe sê die HERE vir Elia: “Gaan ooswaarts van hier en kruip weg by die Kritspruit, net anderkant die Jordaanrivier. Jy kan uit die spruit water drink en Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring.” Elia het gemaak soos die HERE hom beveel het en by Kritspruit anderkant die Jordaanrivier gaan wegkruip. Die kraaie het soggens en saans vir hom brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink. Na ’n tyd het die spruit egter opgedroog, want daar het geen reën in die opvanggebied geval nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KONINGS 17:1-7