En die engel van die HERE het Josua verseker: “ So sê die HERE, Heerser oor alle magte: As jy op my paaie loop, en as jy my voorskrifte nakom, dan sal jy my huis regeer en dan sal jy my voorhowe bewaak. Ek sal jou vrye toegang gee tot diegene wat hier staan. Luister tog, Josua, hoëpriester, jy en jou medepriesters wat voor jou sit, manne wat as 'n teken dien; want kyk, Ek gaan my dienaar, die Loot, laat kom. Kyk daarom na die steen wat Ek voor Josua neergesit het, 'n enkele steen met sewe oë. Kyk, Ek sal 'n inskripsie daarop graveer en Ek sal die sondeskuld van hierdie land in een enkele dag wegneem,” is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. “Op daardie dag,” is 'n uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte, “sal julle mekaar uitnooi om onder die wingerdstok en die vyeboom te kom sit.”
Lees Sagaria 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Sagaria 3:6-10
23 dae
Die profeet Sagaria deel visioene van God se beloftes om mense 'n hoop van die toekoms te gee en spoor hulle aan om na God terug te keer. Reis daagliks deur Sagaria terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's