Sagaria 3:1-5

Sagaria 3:1-5 AFR20

Toe het Hy die hoëpriester Josua aan my gewys. Hy staan voor die •engel van die HERE met Satan wat hom aankla aan sy regterkant. En die HERE sê aan Satan: “Die HERE straf jou, Satan! Die HERE wat Jerusalem verkies het, sal jou straf! Is hierdie man nie 'n stuk brandhout wat uit die vuur geruk is nie?” Josua het in besmeerde klere voor die engel gestaan. Hierop het die engel gereageer en aan diegene wat voor hom staan, gesê: “Trek sy besmeerde klere uit.” Vir Josua het hy gesê: “Kyk, ek het jou sondeskuld van jou weggeneem en ek sal vir jou feesklere aantrek.” Daarop sê ek: “Laat hulle 'n skoon •tulband om sy kop draai.” Terwyl die engel van die HERE daar staan, het hulle die skoon tulband om sy kop gedraai en vir hom die klere aangetrek.