Ek het toe vir hulle gesê: “As julle dit goedvind, gee dan my loon; maar indien nie, laat dit daar.” Hulle het my loon afgeweeg: dertig sikkel silwer. Toe sê die HERE vir my: “Gooi dit vir die smelter! Dit is die kosbare prys waarmee Ek deur hulle na waarde geskat is.” Ek het die dertig sikkel silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die smelter gegooi. Ek het my tweede herderstok, Samehorigheid, in stukke gebreek om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. Daarop sê die HERE vir my: “Neem weer die gereedskap van 'n dwase herder. Want kyk, Ek gaan 'n herder in die land laat opstaan – dié wat wegraak, sal hy nie probeer opspoor nie, die jonges sal hy nie soek nie, dié met gebreekte bene nie gesond maak nie en dié wat uitgeput is, nie voer nie. Maar die vleis van die vet diere sal hy eet; selfs die hoewe sal hy afruk. “Wee die nuttelose herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, en sy regteroog heeltemal blind word!”
Lees Sagaria 11
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Sagaria 11:12-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's