SAGARIA 11:12-17
SAGARIA 11:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir hulle gesê: “As julle wil, gee my my loon; as julle nie wil nie, laat staan dit.” Hulle het toe my loon afgeweeg, dertig stukke silwer. Die Here het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker! En dit was nogal die kosbare loon wat hulle gemeen het ek werd is! Maar ek het die dertig stukke gevat en dit in die huis van die Here vir die pottebakker gegooi. Ek slaan toe ook my ander kierie, Vereniging, stukkend om so die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. Toe sê die Here vir my: Vat weer vir jou herdersgereedskap, maar nou dié van een wat alles verkeerd doen. Ek gaan nou 'n herder in die land aanstel wat niks omgee vir dié wat wegraak nie, nie die lammers soek nie, nie dié wat seergekry het, dokter nie en die gesondes nie kos gee nie, maar wat die vleis van die vetstes eet en die ander se kloue afruk. Ellende wag vir die herder wat alles verkeerd doen en die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, mag sy regteroog heeltemal blind word!
SAGARIA 11:12-17 Bybel vir almal (ABA)
Ek het vir hulle gesê: “Julle moet my betaal, maar as julle nie wil betaal nie, los dit.” Hulle het my toe 30 stukke silwer gegee. Hulle het gedink dit is hoeveel ek moet kry. Die Here het toe vir my gesê: “Gooi die silwer vir die man wat dit kan smelt.” Ek het die 30 stukke silwer geneem en ek het dit in die tempel vir die man gegooi wat silwer smelt. Daarna het ek my ander kierie, Saamwees, gebreek om te wys dat die mense van Juda en Israel nie meer saam sal wees nie. Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet weer vir jou kieries neem om skape op te pas, maar jy moet dit nou doen soos 'n skaapwagter wat nie weet hoe om skape op te pas nie. Want Ek sal nou 'n skaapwagter kies en aanstel hier in die land. Hy sal nie bekommerd wees oor die skape wat wegraak nie. Hy sal nie die lammers soek nie, hy sal nie die skape help wat seergekry het nie, en hy sal nie die gesonde skape oppas nie. Hy sal die vet skape op-eet en ook hulle pote. Dit sal sleg gaan met die skaapwagter wat nie weet hoe om sy skape op te pas nie en wat die skape alleen los. 'n Swaard sal in sy arm en ook in sy regter-oog steek. Sy arm sal heeltemal gebreklik word, en sy regter-oog sal heeltemal blind word.”
SAGARIA 11:12-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer. Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker — die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi. Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. Daarop sê die HERE vir my: Neem weer vir jou die gereedskap van 'n herder, van 'n dwase. Want kyk, Ek sal 'n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omkyk nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie; en wat nog regop staan, nie versorg nie. Maar die vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk. Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!
SAGARIA 11:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir hulle gesê: “As julle wil, gee my my loon; as julle nie wil nie, laat staan dit.” Hulle het toe my loon afgeweeg, dertig stukke silwer. Die Here het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker! En dit was nogal die kosbare loon wat hulle gemeen het ek werd is! Maar ek het die dertig stukke gevat en dit in die huis van die Here vir die pottebakker gegooi. Ek slaan toe ook my ander kierie, Vereniging, stukkend om so die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. Toe sê die Here vir my: Vat weer vir jou herdersgereedskap, maar nou dié van een wat alles verkeerd doen. Ek gaan nou 'n herder in die land aanstel wat niks omgee vir dié wat wegraak nie, nie die lammers soek nie, nie dié wat seergekry het, dokter nie en die gesondes nie kos gee nie, maar wat die vleis van die vetstes eet en die ander se kloue afruk. Ellende wag vir die herder wat alles verkeerd doen en die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, mag sy regteroog heeltemal blind word!
SAGARIA 11:12-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het toe vir hulle gesê: “As julle dit goedvind, gee dan my loon; maar indien nie, laat dit daar.” Hulle het my loon afgeweeg: dertig sikkel silwer. Toe sê die HERE vir my: “Gooi dit vir die smelter! Dit is die kosbare prys waarmee Ek deur hulle na waarde geskat is.” Ek het die dertig sikkel silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die smelter gegooi. Ek het my tweede herderstok, Samehorigheid, in stukke gebreek om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. Daarop sê die HERE vir my: “Neem weer die gereedskap van 'n dwase herder. Want kyk, Ek gaan 'n herder in die land laat opstaan – dié wat wegraak, sal hy nie probeer opspoor nie, die jonges sal hy nie soek nie, dié met gebreekte bene nie gesond maak nie en dié wat uitgeput is, nie voer nie. Maar die vleis van die vet diere sal hy eet; selfs die hoewe sal hy afruk. “Wee die nuttelose herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, en sy regteroog heeltemal blind word!”
SAGARIA 11:12-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het vir hulle gesê: As julle goed dink, gee my my prys; en indien nie, laat staan. So het hulle vir my prys dertig silwerstukke geweeg. En die HERE het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker; En ek het die dertig silwerstukke geneem en dit vir die pottebakker in die huis van die HERE gegooi. Toe het ek my ander staf, die bande, stukkend gesny, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. En die HERE het vir my gesê: Neem nog die gereedskap van 'n dwase herder vir jou. Want kyk, Ek sal 'n herder in die land verwek, wat die uitgeroeides nie sal besoek nie, en die kleintjie nie sal soek en wat gebroke is, nie genees en wat stilstaan nie sal wei nie; maar hy sal die vleis van die vet, en skeur hulle kloue in stukke. Wee die afgodsherder wat die kudde verlaat! die swaard sal oor sy arm en oor sy regteroog wees; sy arm sal skoon verdroog en sy regteroog heeltemal verduister word.
SAGARIA 11:12-17 Die Boodskap (DB)
Ek het toe vir hulle gesê: “As julle dink ek is dit werd, gee my my betaling vir die werk wat ek gedoen het. As julle nie wil nie, los dit dan.” Hulle het my toe 30 silwermuntstukke betaal. Die Here het vir my gesê: “Gooi die geld in die geldhouer van die tempel.” Die sommetjie geld was al wat hulle gedink het ek werd is. Ek het die 30 silwermunte gevat en dit in die geldhouer van die tempel van die Here gegooi. Daarna het ek die ander kierie met die naam Saamwees gebreek. Van saamwees tussen Juda en Israel sou daar nie langer gepraat kon word nie, want die band tussen hulle is verbreek. Toe sê die Here vir my: “Gaan speel weer die rol van ’n herder, maar hierdie keer as een wat niks werd is nie. Ek gaan vir hierdie volk ’n leier gee wat nie vir hulle omgee nie. Hy sal net soos ’n slegte herder wees. Dit sal hom nie pla as sy mense wegraak nie. Hy sal ook nie die jonges soek wat afdwaal nie. Verder sal hy ook nie dié verpleeg wat seerkry nie. Hy sal ook nie sorg dat dié wat gesond is kos kry nie. Hy sal net kyk wat hy vir homself uit alles kan kry. Hy sal mense gebruik en misbruik tot sy eie voordeel. Hy laat sy mense in die steek; daarom is swaarkry sy voorland. Mag ’n swaard sy arm en sy regteroog wond! Mag dit so wees dat hy nie weer sy arm kan gebruik nie en dat hy blind in sy regteroog sal wees!”
SAGARIA 11:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het toe vir hulle gesê: “As julle dink dit is reg, gee my my regmatige loon, maar net as julle wil.” Hulle het toe 30 stukke silwer as my loon afgetel. Die HERE het toe vir my gesê: “Gooi dit vir die pottebakker!” Dit was die buitengewone prys waarmee hulle my geëvalueer het! Ek het toe die 30 muntstukke geneem en dit in die tempel van die HERE vir die pottebakker gegooi. Toe breek ek my ander herderskierie, “Eenheid”, om daarmee te wys dat die verbond van eenheid tussen Juda en Israel verbreek was. Die HERE het vir my gesê: “Gaan weer en maak soos ’n nikswerd herder. Dit sal wys hoe Ek vir die nasie ’n herder sal gee wat nie omgee vir skape wat vergaan nie, wat nie die lammers gaan soek, of die beseerde skape versorg, of die gesonde skape kos gee nie. Inteendeel, hierdie herder sal die vleis van die vetste skaap eet en die ander se kloue afruk. “So ’n nikswerd herder wat sy trop verlaat, sal verseker veroordeel word! Mag die swaard sy arm afkap en sy regteroog deurboor! Sy arm sal onbruikbaar word en sy regteroog heeltemal blind!”