Wend jou oë af van my, want hulle ontsenu my. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen Gilead afstroom. Jou tande is soos 'n kudde ooie wat van die drinkplek af opkom, almal tweelinge, nie een van hulle op sy eie nie. Agter jou sluier is jou slape soos 'n oopgebreekte granaat. Al is daar sestig koninginne, tagtig byvroue, en ontelbare jong vroue, my duif, my volmaakte, is enig. Enig is sy vir haar ma, die gunsteling van die een wat haar in die wêreld gebring het. Die meisies sien haar raak en noem haar gelukkig; die koninginne en byvroue sien haar raak en prys haar. Wie is dit wat daar verskyn soos die dagbreek, mooi soos die volmaan, helder soos die son, indrukwekkend soos vaandeldraers? Na die neuteboord het ek afgegaan om te kyk na die jong plante by die spruit, om te kyk of die wingerde rank, die granaatbome bloei. Sonder dat ek dit besef, het my begeerte my verplaas na die strydwaens van die vooraanstaandes van my volk. Draai om, meisie uit Sulem, draai om! Draai om! Draai om, sodat ons na jou kan kyk! Waarom staar julle na die meisie uit Sulem asof na die kringdans van Mahanaim?
Lees Hooglied 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hooglied 6:5-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's