Ek is donker, meisies van Jerusalem, en pragtig – soos die tente van Kedar, soos Salomo se tentdoeke. Moenie na my staar omdat ek donker is, omdat die son my bruin gebrand het nie. Die seuns van my ma was kwaad vir my: Hulle het my die wingerde laat oppas; my eie wingerd kon ek nie oppas nie. Laat weet my tog, geliefde van my hart, waar laat jy jou kudde wei, waar laat jy hulle in die middag rus? Waarom moet ek gesluierd gaan tussen jou vriende se kuddes? Weet jy dit nie, mooiste onder die vroue? Volg die spore van die kleinvee en laat jou lammers langs die herders se tente wei. Soos 'n merrie by die farao se strydwaens is jy vir my, my liefling. Hoe bekoorlik is jou wange met die stringe krale, jou nek met die halssnoere! Kom ons maak vir jou goue kettinkies, gestip met silwer. Terwyl die koning by sy feestafel is, versprei my nardus sy geur. 'n Sakkie mirre wat tussen my borste rus, is my liefste vir my. 'n Bossie hennabloeisels in die wingerde van En-Gedi, is my liefste vir my. O, hoe mooi is jy, my liefling, hoe mooi is jy! Jou oë is duiwe.
Lees Hooglied 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hooglied 1:5-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's