Romeine 15:7-13

Romeine 15:7-13 AFR20

Daarom, aanvaar mekaar, soos •Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Ek sê vir julle dat Christus 'n Dienaar van die besnedenes geword het ter wille van die waarheid van God, sodat Hy die beloftes aan die vaders kon bevestig, en die nasies God oor sy ontferming kan verheerlik, soos daar geskryf staan: “Daarom sal ek U loof onder die nasies, en tot eer van u Naam sal ek 'n lofpsalm sing.” En daar staan ook: “Wees bly, nasies, saam met sy volk.” En weer: “Loof die Here, alle nasies! Prys Hom, alle volke!” En Jesaja sê op sy beurt: “Daar sal 'n loot van Isai kom, en Hy sal opstaan om oor die nasies te regeer; en op Hom sal die nasies hoop.” Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees.

Video for Romeine 15:7-13