Romeine 10:14-21

Romeine 10:14-21 AFR20

Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!” Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus. Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan, en hulle woorde tot by die uithoeke van die bewoonde wêreld.” Ek vra weer: “Het Israel dit dan nie verstaan nie?” Eers sê Moses: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat geen volk is nie; oor 'n onkundige volk gaan Ek julle kwaad maak.” En Jesaja gaan selfs so ver om te sê: “Ek is gevind deur diegene wat nie na My gesoek het nie; Ek het verskyn aan diegene wat nie na My gevra het nie.” Maar van Israel sê hy: “Die hele dag deur het Ek my hande uitgestrek na 'n ongehoorsame en opstandige volk.”

Video vir Romeine 10:14-21