Openbaring 15:1-4

Openbaring 15:1-4 AFR20

Toe het ek in die hemel 'n ander groot en wonderbaarlike teken gesien, naamlik sewe engele met die sewe laaste plae, omdat die toorn van God daarmee tot 'n einde gekom het. Ek het ook iets gesien soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en sy beeld, en die getal van sy naam het by die see van glas gestaan, terwyl hulle die siters van God vashou. Hulle sing toe die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat so lui: “Groots en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, o Koning van die nasies. Wie sal dan nie vir U ontsag hê nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en in aanbidding voor U neerval, want u regverdige dade is geopenbaar.”

Video vir Openbaring 15:1-4

Gratis leesplanne en oordenkings oor Openbaring 15:1-4