Openbaring 14:9-11

Openbaring 14:9-11 AFR20

Ná hom het 'n ander engel, 'n derde een, gekom en met 'n harde stem uitgeroep: “As iemand die dier en sy beeld aanbid, en 'n merk op sy voorkop of op sy hand ontvang het, sal hy ook drink van die wyn van God se toorn, wat onverdun in die beker van God se toorn geskink is. Hy sal ook in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam met vuur en swael gefolter word.” En die rook van hulle foltering bly opstyg vir ewig en ewig, en hulle wat die dier en sy beeld aanbid, kry dag en nag geen rus nie, ook nie hulle wat die merk van sy naam ontvang het nie.