OPENBARING 14:9-11

OPENBARING 14:9-11 NLV

Nog ’n engel, ’n derde, het agter die ander gevolg en met ’n kragtige stem uitgeroep: “As iemand neerkniel voor die monster en sy standbeeld en ’n merk op sy voorkop of op sy hand het, sal hy ook van die wyn van God se woede moet drink. Dié wyn word onverdun in die beker van sy wraak ingeskink. Hulle sal ook gefolter word in vuur en swael in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam. Die rookwolk van hulle foltering styg vir altyd na bo, en hulle het dag en nag nie rus nie; dit is húlle wat die monster en sy standbeeld aanbid, en wat die merk van sy naam dra.”