Die HERE regeer; Hy is met majesteit beklee. Die HERE beklee Hom, met krag omgord Hy Hom. Ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie. U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af. Seestrome het hulle verhef, HERE, seestrome het hulle stem verhef, seestrome verhef hulle golfslag. Magtiger as die gedreun van baie waters, as die branders van die see, is die HERE, magtig in die hoogte. U bepalings is baie betroubaar; vir u huis is heiligheid gepas, HERE, tot in lengte van dae.
Lees Psalms 93
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 93:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's