Die HERE is Koning! Hy is met majesteit beklee. Inderdaad, die HERE beklee Homself; Hy omgord Homself met krag. Die wêreld is stewig gevestig; dit kan nie wankel nie. U troon is gevestig van altyd af. U bestaan van ewigheid af. Die riviere het hulle verhef, HERE. Die riviere het hulle stem verhef. Die riviere verhef hulle met gedruis. Maar bo die gedreun van baie waters, bo die geraas van die golwe van die see, bo alles is die mag van die HERE! U bepalings is onveranderlik. Heiligheid versier u woning, HERE, tot in lengte van dae.
Lees PSALMS 93
Luister na PSALMS 93
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 93:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's